NATANIËL - SOOIBRAND (en ander tekens)
Die gewilde vertoning deur Nataniël! Uiteindelik op pad na Pretoria! FAIRTREE ATTERBURY TEATER 10 tot 14 Februarie 2027 SOOIBRAND is ’n intieme en musikale huldeblyk aan ligte ongemak, diepe skuldgevoelens, mediese skokke en volgehoue ontkenning. Met deernis, humor en vraagtekens bekyk hy hedendaagse arrogansie, ongesonde erfenis en daaglikse woede. Nataniël bring ’n wye verskeidenheid van musiek, verniel tydlose melodieë, vertel splinternuwe verhale en probeer werp lig werp op van die oudste tot die nuutste sosiale raaisels. Virtuose klavierspel, treffende ontwerp, fantastiese beligting, onverwagte kinkels, onbeheerde lagbuie, dramatiese crescendo’s en oomblikke van stille skoonheid, alles is daar! Kostuums is ontwerp deur Floris Louw . Slegs 6 vertonings: 3 aandvertonings, 3 dagvertonings!! 85 minute Geen pouse Geen kinders onder 14 Kroeg sluit 15 minute voor vertoning
Fairtree Atterbury Theatre — Fairtree Atterbury Theatre, Pretoria
Performances
Tickets
- Ground Floor: R340
- Upper Ground: R320
- Gallery: R300