“O meno o pouse”- ’n kabaret vol humor, hartseer en hoop met Arina de Witt
“O meno o pouse” is 30 jaar gelede geskryf deur PG du Plessis spesiaal vir Arina de Witt . Omdat Arina op daardie stadium gevoel het sy is nog te jonk is dit nie toe opgevoer nie, en voel sy nou reg om hierdie juweel met gehore te deel. “O meno o pouse” is ’n intieme, humoristiese en roerende kabaret oor Bets — afgetree, alleen en vasgevang in die stiltes van wat kon gewees het. Bets het gewag. Gewag vir die liefde, vir die regte tyd, vir die vraag... en haar drome in ’n kas gesit saam met ʼn trourok en ongestuurde briewe. Sy het gewag. Vir liefde. Vir toestemming. Vir môre. Vandag gee sy alles weg... maar gaan haal haar drome, sonder spyt. Hierdie nuwe kabaret is ’n reis deur ʼn leeftyd van hoop ’n storie oor hoe jy ná die “meno-pouse” dalk eers begin leef... al is dit net ʼn oomblik lank.
Fairtree Atterbury Theatre — Fairtree Atterbury Theatre, Pretoria
Performances
Tickets
- Tickets: R250