RUHAN DU TOIT & BAND

RUHAN DU TOIT & BAND

RUHAN DU TOIT KEER TERUG VIR NÓG EEN VERTONING — OP POPULÊRE AANVRAAG ’n Vars, lewendige teater ervaring met nuwe musiek, gehoor gunstelinge en die onmiskenbare stem van Ruhan du Toit . Na die besonderse reaksie op sy vorige teater vertoning, keer Ruhan du Toit terug vir nóg een vertoning — op populêre aanvraag. Gehore kan uitsien na ’n intieme, maar kragtige aand van lewendige musiek wanneer Ruhanweer die teater verhoog betree. Hierdie keer bring hy pragtige nuwe musiek na die verhoog, terwyl hy ook terugkeer na van die liedjies wat reeds groot gunstelinge onder teater gehoregeword het. Vir hierdie vertoning word Ruhan op die verhoog vergesel deur ’n uitstekende groep musikante, met elektriese kitaar, baskitaar en klavier , wat saam ’n ryk, vol lewendige klank skep en beide die nuwe musiek en bekende gunstelinge ’n vars dimensie gee. Ruhan is bekend vir sy merkwaardige stemomvang en sy vermoë om moeiteloos tussen kragtige liedjies en intieme, emosionele oomblikke te beweeg. Sy teatervertonings bied gehore die geleentheid om sy stem te beleef in ’n ruimte waar die musiek werklik die middelpunt vorm . Die vertoning sal ’n kombinasie wees van vars musikale oomblikke, pragtige verwerkings, stories en van die mees geliefde liedjies uit Ruhan se vorige teatervertonings. “Daar is sekere liedjies wat gehore eenvoudig nie wil hê ons moet uitlaat nie, en dit sal altyd deel wees van dit wat hierdie teatervertonings so spesiaal maak. Maar ek is ook ongelooflik opgewonde om nuwe musiek na die verhoog te bring en mense die geleentheid te gee om dit vir die eerste keer lewendig te beleef.” — Ruhan du Toit Vir diegene wat Ruhan du Toit nog nooit in ’n teater omgewing beleef het nie, is hierdie die perfekte kennismaking met ’n kunstenaar vir wie lewendige optredes steeds die hartklop is van wat hy doen. Gehore kan alles verwag van sagte, gestroopte musikale oomblikke tot indrukwekkende vokale hoogtepunte, kragtige verwerkings en die energie van ’n volledige lewendige orkes. Vir dié

Fairtree Atterbury Theatre — Fairtree Atterbury Theatre, Pretoria

Performances

Tickets