Skoonlief en die Ondier

Skoonlief en die Ondier

Hierdie geliefde klassieke sprokie word op 'n vars, humoristiese en hartroerende wyse aangebied, propvol kleurvolle karakters, asemrowende kostuums en sprankelende komedie. Met die perfekte balans tussen lag, avontuur en emosie is Skoonlief en die Ondier 'n teaterervaring wat die hele gesin sal betower. Die produksie herinner ons daaraan dat ware skoonheid nie aan die buitekant lê nie, maar in 'n goeie hart, opregte liefde en die moed om ander raak te sien vir wie hulle werklik is. Bespreek vroeg om teleurstelling te voorkom. Ons sien daarna uit om jou by die teater te verwelkom!

Umuzi Theatre — Umuzi Theatre, Secunda

Performances

Tickets