WYNPROE 101

WYNPROE 101

WYNPROE 101. Honderd en een jaar van Afrikaans en Pinotage. Hierdie jaar vier ons 101 jaar van Afrikaans en ook Pinotage wyne. Hier vertel Beyers Truter, 'n meester-storieverteller en stigter van Beyerskloof wyne, hoe Pinotage sy ontstaan in Suid Afrika gehad het. Beyers is nie net bekend as "die Prins van Pinotage" nie, maar het al die stories wat jou proe vir proe sal meegesleur hou. Johan Rademan het nie bekendstelling nodig nie. Van radio-geselsprogramme tot sportkommentator, is sy stem bekend onder meeste Afrikaanssprekende Suid Afrikaners. Maak gereed vir ’n besondere aand van uitstekende wyne, musiek, stories en lekker kuier by die Umuzi Kunstefees! Geniet 5 hoëklas wyne van Beyerskloof en Van Loveren, saam met ligte versnaperinge, terwyl ons 101 jaar van Afrikaans én Pinotage vier. Moenie hierdie unieke viering van wyn, kultuur en musiek misloop nie!

Umuzi Theatre — Umuzi Theatre, Secunda

Performances

Tickets