DRIE VAN DIE BESTES
Maak gereed vir ‘n meesleurende, top-gehalte vertoning met drie uiteenlopende stemme en persoonlikhede wat ‘n verhoog deel as vriende met ‘n passie vir mooi musiek!
Die alombekende, Drie van die Bestes, wat bestaan uit Mathys Roets, Danie Niehaus en die nuutste toevoeging, Germandt Geldenhuys, wat hulle stemme meesterlik vervleg in ‘n harmonie-ryke vertoning, beloof om musiekliefhebbers te bederf met a capella-musiek, nuwe klanke en tydlose gunstelinge. Die groep het reeds meer as 25 jaar gelede ontstaan en alhoewel die samestelling van die groep verander het oor die jare, is die kombinasie van Roets en Niehaus se musikale ondervinding en die toevoeging van Geldenhuys (ook bekend as akteur in die TV-reeks, Binnelanders) se jeugdige aanslag ‘n wenresep! Hulle sang is eg, hul energie is aansteeklik en hul passie vir musiek straal uit elke lied.
Die begaafde pianis, Johan Kelber, wat as begeleier optree op klavier en tjello, sorg vir ‘n ongeëwenaarde en kragtige musikale ervaring!