FACEBOOK - Hettema

Helena Hettema – Paris Magic, Original Hettema, The Continentals, Journeyman – A Poet Revealed / Digbundel in Wording

Sun - 25 Aug 2024 - 15:00
R200 – R250

Share this event:

  • Helena Hettema , gevierde kabaretkunstenaar, liedjieskrywer en aktrise bied op 25 Augustus vanjaar ‘n veelsydige program saam met ander musikante om haar musiekreis deur die jare en digbundel in wording ten toon te stel by die Atterburyteater, Lynnwood Bridge, Pretoria.

    Helena is reeds 30 jaar in die musiekbedryf en het deurgaans lof ontvang vir haar kragtige, sielvolle vertolkings van Piaf, “die mossie van Parys” en die Franse legendes soos die Vlaams/Franse sanger /liedjieskrywer Jacques Brel, Mireille Matthieu and Charles Aznavour.

    Hoogtepunte sluit in o.a “Symphonic Pops” tweekeer met die Kaapse Simfonie-orkes onder die stok van gevierde dirigente Alan Stephenson en Gerard Korsten en meer onlangs op die MSC skip, Musica om die musiek van Parys te herleef.
    Helena vertolk ook gewilde liedere van beroemde vroulike kunstenaars soos die hartroerende “La Mamma” bekend gemaak deur die Nederlandse beroemde Corry Brokken wat vertel van die signeunervolk se vaarwel aan hul sterwende koningin, deur Charles Aznavour geskryf en Engelse diva, Shirley Bassey se se kragtige “Never, Never. Neil Diamond een van die grotes, se “September Morn” sal ook gehoor word.

    “Gabriella’s Song”, wat groot aanhang met gehore geniet kom uit die film, “As it is in heaven” albei uitsonderlik verwerk deur Elsa Strating, Helena se begaafde pianis wat haar deurgaans begelei.

    Daar is ook van Helena se eie komposisies soos die gewilde “Sonkring”, “Divided Heart” geskryf in Londen en “Die trein het jou kom haal”, ‘n greep uit haar lewe waar sy haarself begelei op klavier.

    Etlike van Helena se universele gedigte in Engels en Afrikaans wat in haar koffietafelboek- in- wording, “Journeyman – ‘n digter ontbloot” verskyn, bevat gedigte met temas soos jeug, die dood, liefde en verlies sowel as die uitgeworpenes is deel van die optrede.Sy skryf sedert haar tienerjare tot die hede.

    Die talentvolle jong violis Reuben van Nieuwenhuizen wat reeds etlike toekenningsontvang het, bring romanse en nostalgie na die optrede met onder andere “Cinema Paradiso” en Bocelli se “Besame” verwerk en begelei deur Elsa Strating.
    Ervare musikant en musiekvervaardiger Richard Jones begelei met sang, kitaarspel en mondfluitjie en nuwe lewe gee aan oorspronklike gedigte soos “ Hex’s Witch RiverLament, geskryf oor die tragedie van die Hekrivier se heks .
    Helena sing in Engels, Afrikaans, Frans, Italiaans, Spaans en Nederlands.

seating legend