Herman Kleinhans & TWEE Live by Fairtree Atterbury Teater

twee banner

Herman Kleinhans & TWEE Live by Fairtree Atterbury Teater

Fri - 15 May 2026 - 19:00
R260

Share this event:

  • Maak reg vir ’n aand waar die teater se sitplekke nie lank stil gaan bly nie.
    Herman Kleinhans en TWEE bring ’n volband-vertoning wat die energie van ’n feesverhoog kombineer met die intimiteit van ’n teater. Dis groot klank, lewendige ritmes en daardie bekende lirieke wat jy saam wil sing – alles op een verhoog.
    Hierdie show beweeg tussen emosie en euforie: van dieper oomblikke wat jou stil maak, tot daardie liedjies wat jou laat glimlag, beweeg en dalk selfs op jou voete kry. Dis rou genoeg om eg te bly, maar groot genoeg om soos ’n viering te voel.

    Verwag:
    • Volle band
    • Bekende treffers soos Ek Sweer, Piekniek vir twee, Dankie, Beste dae, Laaste sigaret asook ‘n nuwe liedjie (of twee).
    • ’n Teater-ervaring wat voel soos ’n klein fees
    Dis nie net ’n konsert nie – dis ’n ervaring.
    Bring jou mense.
    Hierdie een is vir saam sing.
seating legend