Herman Kleinhans – In die oomblik

herman banner

Herman Kleinhans – In die oomblik

Thu - 14 May 2026 - 19:00
R230

Share this event:

  • Stap saam met Herman Kleinhans in ’n intieme, onopgesmukte wêreld waar liedjies weer terugkeer na hul oorsprong.
    In hierdie unieke solo-vertoning stroop Herman alles weg – geen groot produksie, geen geraas – net ’n stem, ’n kitaar en die stories agter die musiek. Elke liedjie word vertel soos dit oorspronklik geskryf is: eerlik, rou en sonder filter.
    Verwag ’n aand van diep storytelling, waar die inspirasie, die oomblikke en die mense agter die lirieke tot lewe kom. Dis nie net ’n konsert nie – dis ’n kykie binne-in die skryfproses self. Die klein idees wat groot liedjies geword het. Die stil emosies wat later op verhoog uitgepak word.
    Hierdie is vir die luisteraar wat wil hoor, nie net luister nie. Kom sit nader.
    Kom hoor die liedjies soos hulle bedoel was.
seating legend