Stef Bos – Afrikaans Songboek

stef FB

Stef Bos – Afrikaans Songboek

Share this event:

  • Saam met Jaconell Mouton en andere top musikante reis Stef deur sy verhouding met ‘n taal wat 100 jaar bestaan en meer as 30 jaar gelede sy hart geraak met ‘Hilbrow’ van Johannes Kerkorrel.

    Vanaf die moment het hij stadig ‘n soort taal ontwikkel om in te skryf.

    Die taal van sy hart. Die Vrystaat van klank waar hy vry is om te sing wat hy voel.

    Hierdie liedjies is waarskynlik die mees outentieke van sy repertoire omdat daar nie meer reëls is nie in die niemandsland tussen Nederlands, Vlaams en Afrikaans.

    Met ʼn musikale reis van ‘Suikerbossie’ naar ‘Bitterlief’ en van ‘Hillbrow’ naar ‘Tydbom’ verklaar hy die liefde aan die taal wat 100 jaar bestaan maar al ʼn eeuigheid daar was:

    Die taal die hart.

    Die vertoning word gebore in Pretoria op 14 en 15  Februarie.

    Sy bydrae aan 100 jaar Afrikaans.