28 May| 10:00 & 12:00 & 14:00 | R120

Liewe Heksie en die Rolskaatse

28 May| 10:00 & 12:00 & 14:00 | R120
Atterbury Theatre, Pretoria

– Select the preferred date –

Die geliefde Liewe Heksie is terug!  Haai oe, maar sy het bietjie vergeet van verjaarsdae en daarom vier sy haar “eerste” verjaarsdag vanjaar in Pretoria by die Atterbury Teater.  Met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse beloof sy om Blommeland nog kleurryker te maak.  Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats)wiele ry. Levinia vra mooi: ”Asseblief klein en groot kaboutervriende van Menseland, help my dat ons al die stoute karnallies kan verwilder.” 

Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die “ultimate”, nimlike Heksie en uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. ‘n Aanbieding vir die hele gesin: by vorige produksies het selfs van die volwassenes gesê – dit was hul vermaaklikste produksie in jare!

COVID-19
  • Masks are compulsory
  • A limited number of seats are available
  • Maximum space is left open between booked seats
  • Disinfectant/Hand Sanitizer will be available in the foyer
  • A vaccination certificate and a negative COVID test is not currently mandatory.
    Our theatre capacity is low enough that we do not need to enforce this.