19 May | 15:00 | R250

Amanda Strydom - 'n Vuur gevang in Glas - met Coenraad Rall

19 May | 15:00 | R250
Amanda - FACEBOOK

Amanda Strydom - 'n Vuur gevang in Glas - met Coenraad Rall 19 May | 15:00 | R250

Tickets for 19 May | 15:00

seating legend

Hennie Aucamp skryf die volgende vir Strydom :
 
“Jy praat en sing jou mond verby
Jou vak is immers kabaret
Maar by jou lied is ingebou
Die troostoon van ‘n wyse vrou”
 
 
Amanda Strydom lewer met hierdie vertoning ‘n kragtoer met die werke van haar mentor, Hennie Aucamp, die vader van die Afrikaanse kabaret.
 
Aucamp is op 20 Maart 2014 oorlede en hierdie vertoning is Strydom se eerbetoon aan haar meester. Aucamp se liedtekste is getoonset deur Strydom en Lize Beekman en die gelyknamige album is in 1998 benoem vir ‘n Sama toekenning vir beste klankbaan in ‘n musiekblyspel. Strydom vertolk ook verskeie monoloë en liedjies uit Aucamp se pen – die resultaat : egte literêre kabaret.

 

 Deborah Steinmair skryf as volg daaroor in die Burger :
 
“ My absolute gunsteling was Amanda Strydom se ‘ Vuur gevang in Glas’. Sy gee vlerke aan die woorde van haar briljante mentor, Hennie Aucamp. Dis die ware Jakob: kabaret wat ou Berlyn sou laat regop sit en luister. Sy het ‘n wrang slag met ironie, sy is vol “troebel pret” en haar teerheid is ‘n vlinder, ‘n “papillon d’amour”. Ná die vertoning stem ek saam met Meester Aucamp se uitspraak in die foyer: Beter sal jy nie kry in die Lae Lande …of enige plek ter wêreld nie”
 
Strydom word begelei deur die briljante Coenraad Rall.


Additional Info
  • Venue: Atterbury Theatre
  • Show duration: 90 minutes
  • Age restriction: No under 13’s
  • Ticket price: R250
  • The foyer doors will open an hour before the show and the bar will be open up to 10minutes before the show commences.
  • The bar will be closed for the duration of the show.
  • Wheelchair bookings can now be done online – link available on request. 
    Contact us on info@seatme.co.za / info@atterburytheatre.co.za
  • Unfortunately, due to our terms and conditions we do not offer refunds.
    All purchases/bookings made on Seatme are final.