Liewe Heksie en die Wals – Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl

wals FB o

Liewe Heksie en die Wals – Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl

Share this event:

  • Haai oe julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie “Strictly come dancing”? Weet sy dan ooit wat ‘n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil so graag haar kloutjies daarop kry, sodat al die blomme in Blommeland kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe.

    Wanneer Margit Meyer-Rödenbeck (Levinia, teks en regie) en Deon van Zyl (Karel Kat, Geelheks, Koning Rosekrans) Verna Vels se stories vir die verhoog verlewendig, spring hulle met mag en mening in en so ook die gehoor, want daar is hope gehoordeelname. Hierdie duo wat Verna Vels se verhale verlewendig, is al talle kere genomineer vir beste kinderteater (kykNET Fiësta & Fleur du Cap) en het twee keer die KKNK KANNA toekenning vir hierdie genre ontvang.

    “Senuwees en Skater. Impromptu teater op sy beste. Kinderteater het duidelik ‘n doel: nie net om iets aan kleingoed te bied nie, maar ook om verstokte siele weer in sprokies en spel te laat glo.” Marianna Malan- Die Burger

- Select the preferred date -