Kersfees is hier – Vlytige Vingers Opvoedkundige Poppekas
Kersfees is hier – Vlytige Vingers Opvoedkundige Poppekas
-
Kersfees is hier en hierdie jaar word die kers ete gehou by die De Langes – Ma Denise werk haar dood aan al die kosse, Pa Kobus sukkel om die Kersfees liggies te ontkoek en Boeta, Sussa en Rocky die pug is die heel tyd onder ma se voete. Oom Trevor wil net braai en tannie Gene is baasspelerig. Oupa is stok doof en Ouma wil net oorneem… Klink bekend?
Kom skater lag saam met die De Lange familie en ervaar weer die ware betekenis van kersfees. Ons storie is propvol lewensgrote poppe, heerlike komedie en lekker Afrikaanse kers gesang. Vader Kersfees kom ‘n draai maak om al die maats se kers briefies persoonlik te kom haal. Daar is ook ‘n foto geleentheid saam met Vader Kersfees op die verhoog aan die einde van die vertoning.
Kersfees is hier met – Tiaan Slabbert, Alicia Badenhorst, Dihan Keun, Ntshikeng Matooane. Regie deur Michelle Botha.