Nataniël – CAKE TOPPER
Nataniël – CAKE TOPPER
-
CAKE TOPPER
Nataniël keer terug met nog 6 vertonings in 2025!
Die kosbare septer van ’n koningshuis, die herkenbare logo van ’n geliefde bakkery, die spesifieke vorm van ’n stopteken, is hierdie net die fantasieë van ’n paar ontwerpers of is dit die simbole van ons lewens en geskiedenis? Is daar betekenis en geheime?
Van die begin van tyd bly die visuele element die kragtige tweede taal van die mensdom. Van ’n helm tot ’n tiara, van ’n sjefshoed tot ’n sonkep, watter boodskappe skuil in ons kleredrag, liggaamshouding, die modes van musiekvideos of die lettertipe waarmee ’n splinternuwe riller aangekondig word?
Oorspronklike musiek, heerlike dwars verwerkings van bekende melodieë, briljante musikante, aangrypende stories, hope humor en skouspelagtige ontwerpe, hierdie is ’n paar elemente van Nataniel se nuutste skepping, CAKE TOPPER. Stories in Engels en (meerendeels) Afrikaans, lirieke in Engels.
Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier + klawerbord),
Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).
Kostuums is ontwerp en gemaak deur Floris Louw.
29 Januarie tot 2 Februarie 2025
Slegs 6 vertonings!
3 aandvertonings! 3 dagvertonings!
Wo 29 Jan 19:00
Do 30 Jan 19:00
Vry 31 Jan 19:00
Sat 1 Feb 11:00 + 15:00
Son 2 Feb 15:00
95 minute, geen pouse
Geen kinders onder 13
Geen selfone
Geen kortbroeke (dis ’n teater)
Geen drank in ouditorium toegelaat
Kroeg sluit 10 minute voor vertoning