NATANIËL IN CONCERT
NATANIËL IN CONCERT
-
NATANIËL IN CONCERT
Met pianis Charl du Plessis
Nataniël se kerktoer duur voort!
Op Vrydag 29 Mei tree Nataniël op in die kerk van die Paarl-Vallei Gemeente. Weer en weer keer hy terug na hierdie geliefde dorp, soveel herinneringe uit sy kindertyd, soveel familiegeskiedenis, soveel heerlike optredes!
Hierdie vertoning bestaan uit splinternuwe stories asook musiek, oud en nuut, bekend, immergroen en oorspronklik. Fantasie, humor, waarhede en wyshede, kwessies en kwellinge, vrae en antwoorde, al die elemente uit die Nataniël-skatkis word saamgebring!
Hy deel die verhoog met Steinway-pianis Charl du Plessis.
Kostuums is ontwerp deur Floris Louw.
Vele boeke uit Nataniël se pen sal te koop wees, ook sy nuutste publikasie, SWEETIE.
Charl Du Plessis se nuutste cd, MY FAVOURITE THINGS, sal ook beskikbaar wees!
19:00
Paarl-Vallei Gemeente
h/v Hoof- en Bothastraat, Paarl
Vrydag 29 Mei
Geen kinders onder 14
90 minute
Geen pouse
Kaalkopwinkel
Bespreek by seatme.co.za
– Tickets for May 29, 2026 –
